![[Eagle]](eagle2.gif)
![]()
Verberg in die hart van die Skrif, lê 'n kort Psalm met kragtige waarheid.
(Psalm 131) Die sanger erken dat
soos wat'n moeder haar baba haar melk sou weier wanneer dit tyd geword het vir
haar liefling om gespeen te word, so is God wanneer hy ons soms dinge waarna
ons smag mag weier. En tog soos wat 'n gespeende kleuter warm en veilig in sy
moeder se arms lê, kan ons siel so in God aanleun, sonder om te weet waarom dit
waarvoor ons geklouter het geweier is, maar tevrede om liefde en behaaglikheid
aan die Vader se hart te ontvang.
![[Eagle]](eagle2.gif)
Net soos wat die hemel ver bokant ons uitstyg, hoog en onbereikbaar, net so is
God se wysheid.
(Jesaja 55:8-9; Psalm 139:6; 147:5; Romeine 11:33-34; Job 11:7-9)
Ons klein verstandjies kan die Vader se wyses en maniere nie meer verstaan as wat
'n baba sy moeder verstaan nie, tog kan ons in Hom tot rus kom, gebaai in die
sekerheid dat wanneer die Almagtige, Alwetende, Here toelaat dat die onverklaarbare Sy kind aanraak, dit 'n manifestasie van Sy ondeurgrondelike liefde is. In die hande van die Een wat nie soveel as 'n geknakte riet sal breek nie, wat nie 'n lamppit wat rook sal uitdoof nie, is jy veilig.
(Mattheus 12:20)
Ander temas
For a look at reasons why God allows pain and suffering, see
God and Suffering
For a deeper insight into God's loving ways, see
Life's Mysteries Explained
Comments?
Prayer Request? Swap Links?
netburst@net-burst.net Grantley's mail box